Die Bayer demonstrasie wenners toer van Argentinië 2012

Posted on: March 16th, 2012 by Hendrik J. Jordaan
Die Bayer demonstrasie wenners toer van Argentinië 2012-Expoagro

Expoagro2012 Laurik International Group

Die Bayer demonstrasie wenners toer van Argentinië 2012

Finale reisplan soos uitgewerk volgens Bayer Suid-Afrika se behoeftes en belange:

Sondag, 4 Maart 2012:
Aankoms op Ezeiza Internasionale lughawe in Buenos Aires, Argentinië.
Julle word op die lughawe ontmoet en na die hotel in die stad geneem.
Oornag in Buenos Aires.

Maandag, 5 Maart 2012:
Besoek ‘n gemengde boerdery so 90km suid van die stad van Buenos Aires, naby La Plata. Ons spandeer die dag
op die boer se plaas om meer te leer van boere se werk en lewe in Argentinië asook meer van sy Angus-stoet te
sien. Ons geniet hier ons verwelkomingsmiddagete.
Teen laatmiddag reis ons terug na ons hotel in Buenos Aires.

Dinsdag, 6 Maart 2012:
Vanoggend besoek ons die Liniers Vendusiekrale in die stad van Buenos Aires waar daar daagliks ongeveer 10 000
beeste opgeveil word.
Na ons besoek hier besoek ons die Bayer aanleg.
Reis na die stad van Pergamino

Woensdag, 7 Maart 2012:
Besoek Expoagro 2012 – die grootste skou in Suid-Amerika wat 100Ha stalletjies en meer as 500Ha vir
demonstrasies gebruik.
Oornag in Pergamino

Donderdag, 8 Maart 2012:
Besoek Expoagro 2012 om die res van die stalletjies en lewendige demonstrasies te besoek.
Oornag in Venado Tuerto

Vrydag, 9 Maart 2012:
Besoek Pannar saadaanleg en ook boerdery hier in Argentinië se beroemde Nat Pampas.
Oornag in Venado Tuerto

Saterdag, 10 Maart 2012:
Reis na América en besoek ‘n plaas hier om te kan sien hoe Argentynse boere Geenbewerking in sanderige grond
toepas.
Geniet afskeidsete.
Oornag in América

Sondag, 11 Maart 2012:
Vertrek vroeg vanaf América na Buenos Aires (500km) vir julle vlug terug na Suid-Afrika om 18:20

Bayer demonstrasie wenners toer van Argentinië 2012

Bayer demonstrasie wenners toer van Argentinië 2012


Tags:

Comments are closed.



Disclaimer

©2014 Laurik International. All rights reserved.