Argentinië patenteer droogtebestande geen vir graan

Die Universidad Nacional del Litoral in Rosario en die maatskappy Bioceres het ‘n geen vir sojaboontjies, koring en mielies gepatenteer wat die gewasse se opbrengs tydens ‘n droogte en ook in brakgrond verhoog.

Die navorsingsproses wat ongeveer US$20 miljoen per gewas beloop het in proewe oor die afgelope drie jaar opbrengsverbeterings van tussen 10 en 30% verseker. Die navorsing word ook verder onderneem vir gebruik in geneties veranderde voergewasse soos lusern maar die proses is slegs in die begin stadium.

Die patent is hangend in verskeie lande maar is reeds toegeken in Amerika, Indië, Australië, Meksiko en China.

Die onderliggende doel van hierdie ontwikkeling is om toegevoegde waarde so goedkoop as moontlik by die boer te kry om goedkoper en beter kwaliteit voedsel in die armste dele van die wêreld te kan verseker.

Droogtebestande Gewasse gepatenteer in Argentinië