Kanola in Argentina

Met ‘n graan wêreldmark wat nie altyd so voorspelbaar is nie te same met ‘n nasionale graan mark wat deurloop onder ‘n regering wat ‘n wakende oog hou oor stygende voedselpryse moet die Argentynse saaiboer altyd al die opsies oorweeg.
Hierdie jaar het gelukkig anders begin as wat 2011 geëindig het en behalwe vir ‘n droë begin aan Januarie was 2012 tot nou toe ‘n bo-gemiddelde nat jaar. Met meer as 85% van die land se gesaaides onder Geenbewerking is dit dus ‘n teken vir die saaiboere dat daar ten minste genoeg grondwater gaan wees vir die wintergewasse.

Kanola aanplantings in Argentinië
Die Hartbeesfontein Landbouvereniging Toer in 2011

Teen US$445 per ton is Kanola beslis een van die gewasse wat ernstig oorweeg word vir hierdie komende planttyd. Verlede jaar het boere tussen 50 en 55 000 Ha Kanola geplant en daar word verwag dat dit hierdie jaar tot 85 000 Ha kan styg, die volgende mikpunt, voor daar gekyk gaan word daarna om die simbolies-belangrike 100 000 Ha mylpaal verby te steek.
Baie boere verkies hierdie gewas omdat dit nie deel vorm van die regering se monitor van plaaslike voedselpryse nie en ook aansienlik minder uitvoerbelasting betaal as die tradisionele gewasse.
Opbrengste verskil wel noemenswaardig met ‘n gemiddelde opbrengs van rondom 1.9 ton per hektaar maar met beter streke wat tot 3.2 ton stroop soos in die suid-ooste van die Provinsie van Buenos Aires.
Twee faktore wat egter die pad vorentoe vir Kanole kan bemoeilik is dat daar altyd gekyk moet word na die afsetmark vir hierdie gewas en tweedens is die feit dat die klein saadkorrels dit nodig maak om masjienerie te gebruik wat teenstrydig is met die beginsels van Geenbewerking aangesien dit meer grondversteuring benodig.