Droogtebestande GM soja in Argentina ontwikkel
Argentina ontwikkel ‘n soja variëteit bestand teen droogte en aartappel bestand teen Y-virus
Argentynse owerhede het pas aangekondig dat nasionale wetenskaplikes suksesvol was om droogtebestande sojabone plaaslik te produseer en net Argentynse tegnologie te gebruik.
Dit is die eerste keer in die wêreld dat GM tegnologie gebruik word om sojabone bestand te maak teen droogte en dit word gesien as mylpaal en deurbraak vir ‘n industrie wat meer as 60% van Argentina se 100 miljoen ton jaarlikse graanproduksie verteenwoordig. Argentina gebruik reeds vir baie jare GM tegnologie maar dit was tot nou toe altyd variëteite wat deur multinasionale maatskappye soos Monsanto ontwikkel is. Hierdie is die eerste generasie Argentynse geneties-gemodifiseerde graan vir kommersiële gebruik en dit gaan ook deur ‘n Argentynse maatskappy internasionaal verhandel word. Daar is nog navorsing wat gedoen word om ander eienskappe ook aan sojabone te gee in die toekoms en alles deur plaaslike wetenskaplikes en tegnologie.

Daar is ook ‘n aankondiging gemaak oor ‘n variëteit aartappels wat bestand is teen die skadelike Y-virus (PVY) wat tot 80% van die plaaslike produksie bedreig en as baie welkom deur die plaaslike aartappel boere gesien word.
Die gebruik van geneties gemodifiseerde (GM) produkte is ‘n steeds ‘n kontroversiële saak vir baie mense, boere en verbruikers, omdat daar geen langtermyn studies bestaan oor die gevolge van die produk op gesondheid en die omgewing nie. Ook word GM gewasse gekritiseer uit ‘n kommersiële oogpunt weens die feit dat dit die eiendom is van groot multinasionale besighede wat ‘n betaling van boere vereis om dit te gebruik.
Wanneer hierdie tegnologie egter in en deur ontwikkelende lande ingespan word om plaaslike probleme op te los en boere te help om meer effektief te produseer in ‘n wêreld met ‘n groeiende bevolking maak dit hierdie debat nog meer ingewikkeld omdat dit groot voordele inhou vir die meer weerlose groepe in die samelewing en die blindelingse verbod daarvan beteken dat mense honger lei maar steeds is daar geen finale antwoord oor die langtermyn effekte hiervan nie.
Kontak ons gerus indien u belang stel daarin om ‘n landbou toer na Suid Amerika mee te maak en te kyk na die werk wat hier gedoen word deur boere en wetenskaplikes in lande soos Argentinië, Brazil, Paraguay en Uruguay.