Eerste Braford gekloonde kalf gebore in Córdoba, Argentinië
Die eerste gekloonde Braford kalfie is in Argentinië op 280 dae met 34kg d.m.v. ‘n keisersnee gebore. Die Braford kalf is deel van die Sierras Chicas stoet in die noorde van Córdoba en behoort aan María Fernanda Butto.
Die rede hoekom hulle besluit het om die koei, “La 74” de kloon is omdat sy die ma is van verskeie van die beste kampioen Brafords in Argentinië maar fibrose ontwikkel het en dus nie meer kan teel nie.
Die kloning is gedoen deur materiaal uit haar oor te neem en dit in ‘n leë eier in te sit en 8 dae na bevrugting in ‘n Brangus koei in te plant. Die werk is deur Dr. Humberto Tríbulo van die IRAC – Die Córdoba instituut van Diere Teling gedoen te same met ‘n span ander tegnici van die provinsie van Buenos Aires.