Lanbouweekblad-toer na Argentinië 2018
‘n Dekade na ons eerste landboutoer van Argentinië besoek Landbouweekblad weer Argentinië en hierdie keer saam met Danie Slabbert, boer en voormalige voorsitter van die Riemland Studiegroep in Reitz.
Saam gaan ons vanaf 27 Mei tot 6 Junie 2018 verskillende dele van die land besoek om te kyk waar Argeninië se landbou tans staan en waarheen dit op pad is.
Met die nuwe regering wat nou net meer as drie jaar gelede oorgeneem het by die populisitiese regering en nie skroom on landbou daadwerklik te ondersteun deur die oopmaak van nuwe markte asook die verlaging van onproduktiewe belastings nie staan Argentynse boere voor ‘n reusagtige geleenthid om voedsel produksie bykans te verdubbel voor 2030.
Argentinië produseer reeds genoeg voedsel vir meer as 400 miljoen mense en met ‘n plaaslike bevolking van onder 45 miljoen mense maak dit Argentinië ‘n baie belangrike rolspeler op die wêreld voedsel mark.
Ons nooi u uit om hierdie geleentheid saam met ons meet maak en deel te wees van hierdie avontuur oor die toekoms van landbou:
Vir meer inligting kontak gerus:Hendrik Jordaan van Laurik International in ArgentiniëSy e-pos is: landbou@laurik.com.arOok WhatsApp en Selfoon: +5491162745888Yolanda BarkhuizenBoland TravelTel: +27 21 872 1581corporate1@bolandtravel.net |
Sondag, 27 Mei 2018:
Verlaat O. R. Tambo lughawe om 11:00 en vertrek via Sao Paulo na Buenos Aires waar die groep omstreeks 21:00 arriveer.
Word op die lughawe ontmoet en na die hotel geneem.
Maandag, 28 Mei 2018:
Na ontbyt besoek ons die Liniers Mark waar daar weekliks ongeveer 30000 beeste opgeveil word vir die vleisverbruik van die Buenos Aires Metropolitaanse Area.
Vir ons tweede besoek gaan ons na die Ministerie van Landbou om met hulle kenners daar te praat oor die huidige toestand van landbou in Argentinië en hulle strategiese doelwitte vir die volgende dekades.
Na afloop van hierdie besoek reis ons 90km suid van die stad van Buenos Aires na ‘n gemengde boerdery waar ons ons amptelike verwelkomingsmiddagete geniet en daarna tyd het om die plaas te besoek en met die boer te gesels oor sy uitdagings en werklikheid.
Ons laaste aktiwiteit vir die dag is die reis na die stad van San Pedro waar ons vanaand oornag.
Dinsdag, 29 Mei 2018:
Vandag reis ons wes en besoek een van die spogplase van die beroemde Nat Pampas waar die meeste van Argentinië se graan geproduseer word.
Ons geniet middagete in Pergamino en teen laatmiddag reis ons na die stad van Rosario waar ons vanaand oornag.
Woensdag, 30 Mei 2018:
Vanoggend besoek ons die Rosario Graanbeurs asook die hawe van die stad van Rosario om ‘n begrip te kry van hoe die graanhandel in Argentinië gestruktureer is.
Oornag in die stad van Rosario
Donderdag, 31 Mei 2018:
Ons reis noord-wes en besoek die masjien-vervaardigings gebied rondom Las Parejas asook ‘n voerkraal.
Die doel van die besoeke is om te sien hoe waarde en tegnologie toegevoeg word deur die plaaslike landbou-sektor.
Oornag in die stad van Marcos Juárez
Vrydag, 1 Junie 2018:
Ons besoek die Argentynse Nasionale Landbou Instituut in die droër streek om van die navorsingsprojekte te sien waarmee hulle tans mee besig is en waarmee die Argentynse boere hulle gevra het om te werk en ons vind ook meer uit oor die proewe wat hulle tans in Suid-Afrika saam met Graan SA doen.
Oornag in die stad van Córdoba
Saterdag, 2 Junie 2018:
Vandag besoek ons een van die mees gesiene Brangus stoete in Argentinië en ons kan ook na saaiboerdery kyk in hierdie deel van die land wat aansienlik van die Nat Pampas verskil.
Oornag in die stad van Córdoba
Sondag, 3 Junie 2018:
Ons vertrek teen 17:00 na die Iguazú Watervalle, die grootste watervalle in die wêreld wat op die noordelike grens tussen Argentinië en Brazil geleë is maar voor die tyd besoek ons die stad van Alta Gracia vir ‘n rustige dag in hierdie vakansiedorp waar bv. Che Guevarra sy kinderjare gespandeer het en daar sal ook geleentheid wees vir ‘n rondte golf vir die mense wat dit so verkies.
Oornag in Puerto Iguazú
Maandag, 4 Junie 2018:
Vandag besoek ons die Argentynse kant van die valle waartydens ons geleentheid sal hê om tussen die 2km valle rond te stap en daar is ook ‘n opsionele geleentheid om met ‘n rubberboot onderdeur die valle te vaar.
Oornag in Puerto Iguazú
Dinsdag, 5 Junie 2018:
Vanoggend vertrek ons vroeg en besoek die Braziliaanse kant van die valle voordat ons na Sao Paulo vertrek vir die vlug terug na Suid-Afrika wat om 18:00 vertrek.
Vir meer inligting kontak gerus:Hendrik Jordaan van Laurik International in ArgentiniëSy e-pos is: landbou@laurik.com.arOok WhatsApp en Selfoon: +5491162745888Yolanda BarkhuizenBoland TravelTel: +27 21 872 1581corporate1@bolandtravel.net |