Landbouweekblad Herlewingslandbou Toer 2018 na Argentinië
‘n Aktiwiteit soos landbou wat vir meer as 2000 jaar as stabiel, onveranderd en amper vervelig beskou is is in die 21ste eeu een van die mees dinamiese en opwindendste en noodsaaklikste industrieë in ons samelewing veral met die gebruik van presisie boerdery en herlewingslandbou!
Met stygende insetkoste, nuwe kultivars, weerstandbiedende onkruid en graanpryse wat elke minuut verander moet boere hulself beywer om maksimum opbrengs te genereer. Dit moet ook nog op so ‘n manier gedoen word dat daar genoeg hulpbronne is vir die generasies wat na ons die wêreld moet voed!
Argentinië, ‘n land soos Suid-Afrika, in die suidelikke halfrond met beperkte ekonomiese en klimaatshulpbronne, het reeds in 1977 ‘n ekonomiese en produktiewe werklikheid beleef wat boere verplig het om Geenbewerking te begin gebruik. Vanaf 1996 met die gebruik van Monsanto se Round-up Ready sojabone en Round-up onkruiddoder het Geenbewerking eksponensieel gegroei tot waar dit vandag meer as 90% van Argentinië se bewerkbare oppervlakte beslaan.
Argentinië se graanproduksie het oor die afgelope 15 jaar verdubbel van net onder die 50miljoen ton graan tot en met die amper 120 miljoen ton waar dit vandag in gemiddeld is met meer as 50 miljoen beeste.
Dit is egter nie alles maanskyn en rose hier nie en boere moet gedurig hulle sisteme en metodes verbeter om by nuwe politieke en ekonomiese realiteite aan te pas asook gebruik te maak van nuwe tegnologiese ontwikkelinge en produkte. Die land is ook nie op so ‘n ontwikkelingsvlak dat hulle op “die standaard sisteem” kan vertrou om hulle probleme op te los en hulle masjinerie te herstel nie so boere moet van eie vaardigheid en inisiatief gebruik maak.
Landouweekblad en Laurik International nooi dus Suid-Afrikaanse boere uit om te kyk hoe Heerlewingslandbou in Argentinië toegepas word en waar die sisteem na meer as 40 jaar staan sodat hulle van die ervaring hier gebruik kan maak en nie nodig het om die spreekwoordelike wiel te herontwerp nie.
Die reisplan is so ontwerp dat ons saam met Danie Slabbert van die Riemland Studiegroep die land van oos na wes verken, van die streke met hoogste reënval en die mees vrugbare grond, die sogenaamde Nat Pampas, tot in die droër weste waar saaiboerdery net moontlik is vanweë Geenbewerking en dit noodsaaklik is om veeboerdery en saaiboerdery gesamentlik te gebruik.
Ons nooi u uit om saam met ons hierdie avontuur mee te maak en te kom leer by ‘n land waar boere ons hartstaal praat al het hulle nog nie van Afrikaans gehoor nie en kan hulle ook nie Engels praat nie.
Reisplan vir die 2018 Landbouweekblad Herlewingslandbou Toer na Argentinië
Saterdag, 25 Augustus 2018:
Verlaat O. R. Tambo lughawe in Johannesburg en arriveer om ongeveer 21:00 op Buenos Aires Internasionale lughawe.
Word op lughawe ontmoet en na u hotel vergesel..
Oornag in hotel in Buenos Aires
Sondag, 26 Augustus 2018:
Verlaat die stad van Buenos Aires en besoek ‘n gemengde boerdery in die omgewing van San Pedro waar hulle met beide Aberdeen Angus en graan boer.
Oornag in hotel in Rosario
Maandag, 27 Augustus 2018:
Besoek die Argentynse Geenbewerking Assosiasie waar hulle ons moet vertel van hierdie praktyk wat reeds in 1977 in Argentinië begin het.
Ons besoek die Rosario Graanbeurs waar sowat 80% van Argentinië se graan verhandel word asook en ook die Hawe van die stad van Rosario wat een van die meer as 20 uitvoer punte is op die oewers van die Paraná Rivier.
Oornag in hotel in Rosario
Dinsdag, 28 Augustus 2018:
Besoek die Argentynse Instituut vir Landbou Navorsing in Marcos Juárez waar daar proewe gedoen word op dekgewasse, Geenbewerking en organiese materiaal in die grond.
Oornag in Marcos Juárez
Woensdag, 29 Augustus 2018:
Besoek ‘n tipiese saaiboerdery in die omgewing waar daar Geenbewering oor die afgelope 15 jaar toegepas word.
Ons sal hier geleentheid hê om met die boer te praat oor sy bewerkingsmetodes en sy vooruitsigte vir die toekoms.
Oornag in hotel in Monte Maíz.
Donderdag, 30 Augustus 2018:
Besoek die Río Cuarto Landbou skou waar van Argentinië se vooraanstaande vervaardigers teewnwoordig gaan wees om die stand van die lanbou industrie in Argentinië beter te verstaan.
Oornag in hotel in Río Cuarto
Vrydag, 31 Augustus 2018:
Besoek die Bio4 biobrandstof aanleg waar daar etanoil uit mielies vervaardig word.
Besoek die navorsingsstasie by Villa Mercedes waar daar ook met gemengde boerdery op ‘n volhoubare geenbewerkingssisteem gebruik word.
Oornag in hotel in San Luis
Saterdag, 1 September 2018:
Besoek die SER Beef voerkraal en besproeiingsplaas asook ‘n kommersiële bees en graanboer in die deel van die land waar landbouproduksie nie sou moontlik wees sonder Geenbewerking nie.
Oornag in hotel in San Luis
Sondag, 2 September 2018:
Reis na die bergagtige wynproduserende area van Mendoza
Besoek van die meer as 1000 wynplase in hierdie streek waar o.a.die beroemde Malbec wyn geproduseer word.
Oornag in hotel in Mendoza
Maandag, 3 September 2018:
Besoek nog van die wynplase en vlieg terug na Buenos Aires
Oornag in hotel in Buenos Aires
Dinsdag, 4 September 2018
Vertrek na Suid-Afrika om ongeveer 09:00
Vir meer inligting kontak gerus:
Hendrik Jordaan van Laurik International in Argentinië Sy e-pos is: landbou@laurik.com.ar Ook WhatsApp en Selfoon: +5491162745888 Ilze Nel-Marais Tel: +27 21 872 1581 |