Uitsig vir Geotermiese Energie in Argentinië, Suid-Afrika en Chile

‘n Geotermiese bron word geklasifiseer as ‘n rots formasie of ondergrondse water bron wat vanaf 20°C to meer as 300°C kan wees. Hierdie bron word gebruik om ‘n vloeistof, water of andersins, deur ‘n Rankine-siklus (Of Organiese Rankine-siklus) te verhit. Tipies word temperature oor 150°C gebruik vir elektriese kragopwekking maar dit is ook moontlik om laer temperature te gebruik om elektrisiteit op te wek.

geothermal steam

Geotermiese energie word voortdurend hernu deur die aarde se kern se hitte so wel as sonenergie wat deur die aarde geabsorbeer word. Die hoeveelheid hulpbronne wat benodig word om elektriese energie te produseer is baie laer as wat benodig word in steenkool verbrandende kragstasies. Met 25 keer minder CO2 emissies as steenkool kragstasies so wel as om slegs 20 liter per megawatt uur vars water te gebruik, in vergelyking met die 1370 liter per megawatt uur in steenkool kragstasies gebruik, is dit duidelik dat geotermiese energie-opwekking ‘n baie meer intelligente alternatief is.

Daar is wel bekommernis is oor die hoeveelheid H2S wat per megawatt uur geproduseer word (0,8kg). Dit  is nogtans aansienlik minder as wat in aardgas brandende kragstasies (550kg/megawatt uur) of olie brandende kragstasies (814kg/Megawatt uur) geproduseer word.

Opwekfasiliteite van die aard is normaalweg modulêr en gewoonlik onder 100MW per eenheid. Alhoewel kleiner in hul potensiale kragopwekking as ‘n tipiese steenkool kragstasie is die verhouding van spasie i.v.m. opwek potensiaal omtrent tien keer meer doeltreffend as steenkool of kernkrag.

Anders as Suid-Afrika, waar die meerderheid warm water as gevolg van kernverval bestaan, het Argentinië ‘n groot heveelheid vulkaan aktiwiteit. Hierdie is as gevolg van die “Pacific Rim”-rif wat langs die kus van Chile loop en voortdurend aktiwiteit in die Andes bergreeks veroorsaak.

Terwyl daar in Suid Afrika diep geboor sou moet word is dit moontlik om in Argentinië, so wel as in Chile, hoë temperature op vlak dieptes te bereik. Suid-Afrika se diep mynvlakke mag dalk ‘n bekostigbare manier voorsien om warmer water te bereik. Tesame met die stygende elektrisiteitspryse in Suid Afrika maak dit dat geotermiese energie bekostigbaar begin lyk en meer belangstelling begin geniet.

Om groei in hierdie area van kragopwekking te stimuleer in Argentinië is ‘n tarief geïmplimenteer om  geotermiese projekte te betaal wat elektrisiteit in die sisteem in voer. Die land mik om 8% van die totale energie-opwekking teen 2016 vanaf alternatiewe bronne te voorsien en dit is duidelik dat die geotermiese sektor groot potensiaal het om hierdie mikpunt te bereik.

Daar word huidiglik ‘n 30MW geotermiese kragstasie in Copahue, in Argentinië se Provinsie van Neuquén, gebou. Die pojek is beplan om drie jaar te neem vir voltooiing en die Kanadese maatskappy, Heat Earth, glo dat daar potensiaal vir uitbreiding is. Die provinsie het ook onlangs versoek dat beleggers bie in die verkenningsfase vir ‘n potensiale geotermiese kragstasie in die area van die Domuyo vulkaan.

Geotermia Andina het ‘n ooreenkoms van voorneme geteken met Barrick Gold Corp. om te begin met die ontwikkeling van die “Los Despoblados” geotermiese projek in die Provinsie van San Juan. Dit word verwag dat die haalbaarheidsstudie voltooi sal word en lang-durende items se bestelling sal begin teen die tweede helfte van 2013.

Argentinië se geotermiese sektor mag dalk ‘n verdere hupstoot kry nadat die minister van die Mendoza provinsie, Rolando Badasso, ‘n reis na Ysland voltooi het. Hy het voorgestel dat die vorm van energie in Mendoza ook geïmplimenteer moet word in die toekoms.

Chile is ‘n ander land wat baie in geotermiese verkenning belê en daar is geskat dat daar 16000MW se opwekkingspotensiaal in die land lê.