Volhoubare Boerdery metodes se voordele vir grondeienaars in Argentina

Die huidige afwaardse tendens op die wêreld se koomoditeitsmarkte het sy uitwerking begin toon op meer as een vlak van die Argentynse landbou.
Om maar party van die effekte te noem kan ‘n mens praat van die verkoop van landboumasjienerie en toerusting, koste en beskikbaarheid van finansiering en ook op die pryse wat huurders bereid is om te betaal vir landerye om te werk.
Geenbewerking word vanaf 1996 deur die meerderheid boere in Argentinië gebruik omdat dit meer koste-effektief is en te same met Monsanto se Roundup Ready saad en onkruiddoder die beheer van onkruid baie vergemaklik het maar dit vereis ook ‘n meer verantwoordelike strategie wanneer dit by die bestuur van wisselbou en onkruiddoder kom. Iets wat nie altyd gedoen word weens ekonomiese of sosiale redes nie:
In Argentinië word sowat 60% van die land se produksie op gehuurde grond gedoen en is die verkryging van goeie bekostigbare huurgrond dus ‘n belangrike deel van ‘n produsent se beplanning. Om sake nog meer ingewikkeld te maak is dit ook so dat dit bykans onmoontlike en ongehoord is om grond te kan huur vir meer as een seisoen. Met die prys van graan, veral soja, wat oor die afgelope 15 jaar besonders hoog was het grondeienaars en ook huurders verkies om die prys jaar na jaar te heronderhandel om seker te maak dat hulle nie hulself indoen deur die grond te goedkoop of duur te huur nie – die idee was dat die volgende seisoen altyd beter kan wees.
Dit is egter nie meer die geval nie en huurders is nou baie versigtig om grond te huur en begin nou meer kieskeurig wees wanneer hulle na plase kyk en grond word nou geëvalueer op verskillende vlakke wat insluit hoe die grond voorheen bestuur is en hoe die onkruid beheer is. Voorheen was daar geen sprake daarvan dat die huurder enige verantwoording teenoor die eienaar van die grond het nie behalwe om die huur stiptelik te betaal – in die beter jare, in kontant voor die oes en so nie as gedeelte van die opbrengs.
Met die pryse van graan waar dit tans staan en met die probleme wat die weerstandbiedende superonkruide nou bied teen gifstowwe soos Roundup kyk die meer gesofistikeerde huurders na die wisselbou wat voorheen toegepas is en ook of die grond besmet is met hierdie nuwe onkruid. Die bestuur van hierdie weerstandbiedende onkruid is nie onmoontlik nie maar duurder as normaal en die huurder moet voorsiening maak daarvoor en dit kan die prys van huur van tussen 5% na 10% verlaag.
Hierdie is nog nie ‘n algemene tendens in Argentinië nie maar soos meer boere begin fyner syfers maak gaan dit duidelik word dat dit beter is om grond te huur wat oor die afgelope paar jaar op ‘n verantwoordelike volhoubare boerdery metode bestuur is en dit kan selfs tot in die grondeienaar se belang wees om huurders te kry wat bewys dat hulle die grond verantwoordelik kan, gaan en sal bestuur.