Laurik International
patagonia argentina 1

2016-17 Droogte in Patagonië verwoes skaap boerderye

Daar heers tans ‘n besonderse erge droogte in die suidelike helfte van Argentinië wat as Patagonië bekend staan. Die streek wat natuurlik baie droog is het net ‘n kwart van die normale reënval ontvang en boere het reeds hulle skaapkuddes verminder of heeltemal van kant gemaak.

Groot droogte in Patagonië
2016 en 2017 is baie droë jare in Patagonië wat groot verlies onder skaapboere veroorsaak.
http://www.tiemposur.com.ar/nota/124820-productores-de-santa-cruz-calculan-en-900-millones-las-perdidas-por-sequia

In die provinsie van Santa Cruz waar die beroemde gletsers van Argentinië ook gevind kan word word daar geskat dat daar hierdie jaar net die helfte van die lammers gaan oorleef as wat gebeur in ‘n normale jaar en baie boerderye staan op die punt van finansiële ondergang indien die reënval nie binnekort normaliseer nie.

Die skaapproduserende gedeelte van Argentinië, Patagonië, waarvan daar eintlik baie min bekend is vanweë sy klein bevolking en die relatiewe min verbruik van skaapvleis onder Argentynse verbruikers gaan tans gebuk onder die ergste droogte in 80 jaar. Lente- en somerreën wat normaalweg tussen September en November verwag word het hierdie seisoen heeltemal weggebly en dit na ‘n winter met besonders min sneeu. Die boere hier wat meestal wol en vleis produseer vir die uitvoer mark dui aan dat hulle tans net sowat 40% van die normale produksie kan lewer en dat daar groot kommer is oor die komende seisoen aangesien die natuurlike plantegroei hier lank neem om te herstel.

Die plaaslike regering het die area as rampgebied verklaar maar dit bring min verligting onder die huidige omstandighede. Normaalweg reën dit hier 200mm per jaar en groot gedeeltes het net 50 of 60 mm ontvang met geen verandering verwag in die nabye toekoms nie.

Patagonië Argentinië
‘n Kaart van Patagonië in Argentinië.
Vinculando Argentina y África Tour Expo Alfa Sudáfrica Ganadera 2017

Related Posts

Droogtebestande Gewasse gepatenteer in Argentinië

Aartappels, Afrikaanse nuus, Argentinië, Soja produksie

Droogtebestande GM soja in Argentina ontwikkel

Argentina ontwikkel ‘n soja variëteit bestand teen droogte en aartappel bestand teen Y-virus Argentynse owerhede het pas aangekondig dat nasionale wetenskaplikes suksesvol was om droogtebestande sojabone plaaslik te produseer en net Argentynse tegnologie te gebruik. Dit is die eerste keer in die wêreld dat GM tegnologie gebruik word om sojabone bestand te maak teen droogte en […]

© Laurik International 2017
  • Afrikaans
  • Tuis
  • Oor ons
  • Dienste
  • Nuus
  • Kontak ons
  • Español
  • Inicio
  • Nosotros
  • Servicios
  • Noticias
  • Contacto
  • English
  • Home
  • About us
  • Services
  • News
  • Contact us

Contact Us

Laurik International
info@laurik.com.ar
Cel & WhatsApp: +549 11 6274 5888
Tel: +54 11 4307 6412
Skype: hendrik.j.jordaan
Buenos Aires, Argentina