Argentinië en Suid-Afrika werk saam op Nano-tegnologie
Die Suid-Afrikaanse en Argentynse minsisters van Wetenskap en Tegnologie het pas ‘n ooreenkoms geteken vir die opening van ‘n sentrum vir die gesamentlike navorsing in Nano-tegnologie.
In die eerste fase is hierdie sentrum slegs vir akademiese en virtuele samewerking maar soos beide ministers aangedui het is daar ‘n groot geleentheid vir gesamentlike ontwikkeling van nuwe tegnologië en industriële prosesse. Die basis vir die samewerking is die vele patente en studierigtings wat reeds in elke van hierdie lande aan die gang is en wat net daarby kan baat indien hierdie kennis uitgeruil word.

Navorsers aan beide kante van die Atlantiese Oseaan kan met hulle plaaslike regerings in kontak tree vir meer inligting of so nie kan Laurik International ook gekontak word.