La Rural “Palermo” 2020 Skou – uitgestel tot Oktober
Dit is pas aangekondig dat die bereoemde La Rural Palermo landbouskou wat reeds 134 jaar in die middel van die stad van Buenos Aires in Argentinië plaasvind uitgestel gaan word van die tradisionele datum rondom die laaste twee weke van Julie na die eerste helfte van Oktober in 2020.
Dit gaan nou van 7 tot 18 Oktober 2020 plaasvind maar die program gaan dieselfde wees as altyd met die beesrasse se finale in die laaste week.
Soos altyd skop die laaste week van die skou af met die volgende finale (tussen nog baie baie ander):
Maandag: Braford, Wagyu en Santa Gertrudis
Dinsdag: Brangus en Shorthorn
Woensdag: Brahman, Hereford en Angus
Donderdag: Hereford – koeie en bulle, Angus koeie
Vrydag: Limousin en die Angus bulle
Daar is ook van die mooiste perde, skape, varke en pluimvee te sien wat Argentinië het om te bied.
Verlede jaar was daar amper 1.3 miljoen mense wat die skou met sy 4000 diere en 400 stalletjies in amper twee weke besoek het.
Dit is die grootste lewendehawe skou in die suidelike halfrond en daar is ook statiese uitstallings van landboumasjinerie en alles wat ‘n skou ‘n skou maak. Dit is die ideale geleentheid om te sien wat Argentinië se landbousektor het om die wêreld te bied en seker te maak dat jy die beste genetika en landboutegnologie in die hande kry!
Kontak ons nou om jou reisplanne in orde te begin kry vir hierdie belewenis van ‘n leeftyd!