Geenbewerkingshandleiding Geen bewerking No-Till in Afrikaans
Die Instituut vir Landbou Tegnologie van Argentina (INTA) het ‘n gratis handleiding ontwikkel vir die suksesvolle implimentering van die geenbewerking metode van verbouing wat hulle suksesvol in Suid-Afrika in samewerking met Graan Suid-Afrika getoets het en as deel van die herlewingslandbouprojek bied.
Geenbewerking is ‘n metode van voorbereiding van die saadbedding vir die verbouing van gewasse waar die grond nie versteur word nie en voortdurend deur oesreste bedek moet word en waar die saad of pit deur ‘n spesiale planter in die grond geplaas word wat die grond slegs in ‘n area van 2.5cm wyd en 5cm diep versteur word.
Dit is ideaal vir droeër gebiede om vog te bewaar en ‘n optimum gebruik van water te verseker.
Die doel van geenbewerking as metode is om deel te wees van die sisteem van volhoubare herlewingslandbou en is nie net ‘n losstaande aksie nie. Dit moet gebruik word as deel van ‘n totale sisteem wat van oestyd a gaan regdeur tot by die volgende oes en gewas en kan nie net somtyds gebruik word nie.
Die boer skep ‘n nuwe ewewig in sy plaas en omgewing se ekosisteem en dit vat tyd om stabiliteit te bereik maar wanneer hierdie punt bereik word is daar ‘n permanente en aansienlike neto-besparing van brandstof, ook minder gebruik van chemiese middels indien die sisteem korrek as geheel bestuur word en ‘n aansienlike verhoging in volhoubare wins per hektaar in nat en droë jare.
Geenbewerking is egter nie ‘n resep nie maar ‘n riglyn en soos altyd moet die boer kies hoe vinnig, waar en wanneer dit op sy plaas geïmplimenteer word om lewensvatbaarheid van sy praktyk te verseker.
Met die insluiting van Presisie Boerdery tegnologie en die verwerking van produksiedata kan ‘n boer werklik vooruit gaan, volhoubaar wees en verseker wees van sy plek in die 21ste eeu!