LAN en TAM se samesmelt moet wag
Dit is vandag bekend gemaak dat die Chileense Kompetisieraad die samesmelting tussen die Chileense lugredery LAN en die Brasiliaanse lugredery TAM vir eers stop gesit het.
Die raad het besluit dat daar eers ‘n 8 maande ondersoek geloods moet word om vas te stel wat die effek gaan wees op die mededinging in hierdie sektor.
Sou hierdie samesmelting plaasvind sal dit die grootste lugredery in Suid Amerika tot stand bring.
Die Suid Amerikaanse mark is reeds nie baie kompetitief nie met slegs enkele lae koste redery wat ‘n bestaan maak en die res van die mark wat op swaargesubsidueerde staatslugrederye staat maak. Dit het so ver gegaan in Argentinië (waar daar net twee lugrederye op nasionale vlak is LAN en Aerolineas Argentinas – dat die regering die staatslugredery Aerolineas Argentinas teruggeneem het van sy Spaanse eienaars om dit die nodige kontantinspuiting te kon gee wat nodig is om al die dele van die land te kan bedieen ongeag van die ekonomiese sin daarin.
Die samesmelting kan baie beteken vir die effektiwiteit daarvan om in Latynsamerika te reis maar daar is geen waarborg dat dit koste gaan afbring nie en daarom hierdie ondersoek.
Om te vlieg in Suid Amerika kan baie probleemagtig wees. Miskien kan iemand ons vertel van sy of haar ervarings hier?
Kontak gerus Laurik International vir u pasgemaakte Suid Amerikaanse toere.
