Rio de Janeiro se Karnaval in gevaar!
Die wêreldbekende Karnaval in Río de Janeiro in Brasilië is vandag deur ‘n groot ramp getref nadat daar ‘n brand uitgebreek het en van die dansskole se kostuums en vlotte vernietig het.
Drie van die 12 dansskole wat aan die Karnaval gaan deelneem wat op die eerste naweek van Maart plaasind het al hulle kostuums en vlotte verloor wat klaar gereed was vir hierdie jaarlikse fees.
Die brand het omstreeks 07:00 uitgebreek en alhoewel daar dadelik 120 brandweermanne na die toneel gehaas het was dit slegs na 3 ure wat die brand in die Sambódromo onder beheer gebring kon word.
Die 3 skole wat deur die brand geraak is is: Uniao da Ilha, Portela y Grande Río.
Die president van die Samba Skool Liga het gesê dat hulle verslae staan oor hierdie ramp maar dat hulle, met die hulp van die regering van Río de Janeiro, hulle uiterste gaan doem om hierdie skole te help sodat hierdie gebeurtenis kan plaasvind soos beplan.
Daar is nog geen nuus oor die oorsaak van die brand nie.
Indien jy belang stel om self hierdie onvergeetlike gebeurtenis by te woon – hier is meer inligting oor ons toer na die Río Karnaval of kontak ons direk.